‘n Vragmotor wat energiedrankies vervoer het, het omstreeks 07:30 vanoggend (22 Februarie) in Jeppestraat omgeslaan.
Mandré Maree van Elite Towing sê die vragmotor het glo omgeslaan na dit om die draai gekom het. ‘n Ambulans van ER24 het die vragmotorbestuurder hospitaal toe geneem.
Die Herald wag nog vir meer inligting oor die beserings van die bestuurder.
*Hou die Herald se webtuiste dop vir meer inligting romdom die ongeluk

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



