NewsNews

Polisie lê beslag op dwelms ter waarde van R600 000

Die blitspatrollie in Potchefstroom het Woensdag (27 Februarie) ʼn 32-jarige man vir die besit en handel in dwelms in hegtenis geneem.

Die blitspatrollie in Potchefstroom het Woensdag (27 Februarie)  ʼn 32-jarige man  vir die besit en handel in dwelms in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Aafje Bothma, provinsiale polisiewoordvoerder, het die man ongeveer 2000 mandrax -tablette in sy besit gehad. Die waarde van die tablette word op R600 000 bereken.

Volgens Bothma was die polisie besig om in die stad te patrolleer waarna hulle omstreeks 11:00 ʼn verdagte voertuig in die parkeerterrein van ʼn winkelkompleks naby die N12 gesien het.

“Die bestuurder van die voertuig het na bewering probeer vlug nadat die polisie die voertuig genader het,” het Bothma gesê.

In die voertuig het polisiebeamptes ʼn tas wat met kleefband toe gedraai is, gevind. Binne die tas was daar ongeveer 20 plastieksakke wat die dwelms bevat het. As deel van die ondersoek het die polisie op die verdagte se voertuig beslag gelê. Die verdagte sal na verwagting vandag(1 Maart) in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button