‘n Man is vanoggend in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem nadat hy deur ‘n swerm bye in Govan Mbeki-rylaan gesteek is.
Sekuriteitsbeamptes wat op die toneel was het ER24 ontbied.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 09:30 by die toneel gekom waar die man (in sy 30’s) in ‘n veld langs die pad gelê het.
Paramedici het sy beserings behandel en gevorde noodhulp toegepas voordat hulle hom met ‘n ambulans na Potchefstroom Hospitaal geneem het.
Die Herald kon nog nie die man se huidige toestand bevestig nie. Hou die Herald dop vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



