NewsNews

Dertien dood na botsing op N12

Dertien mense is gisteraand (17 Maart) op die N12 tussen Fochville en Westonaria oorlede.

Dertien mense is gisteraand (17 Maart) op die N12 tussen Fochville en Westonaria oorlede.

Dit volg na ‘n botsing tussen ‘n bakkie en ‘n ander voertuig.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 20:00 op die toneel gekom.

“Twee mense was binne die voertuie vasgevang en ander het oral op die toneel gelê,” het Meiring gesê.

Vyf mense van die een voertuig en agt van die bakkie, onder andere jong kinders, is op die toneel dood verklaar.

Nege ander mense is beseer, waarvan ses, in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem is.

“Drie van die kritieke pasiënte is per helikopter hospitaal toe geneem. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel,” het Meiring gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button