Swart en Strydom speel die setperke aan die brand
Op Saterdag en Sondag 9 en 10 Maart het 83 lede van die Potchefstroom Buiteklub aan die jaarlikse gholf klubkampioenskappe deelgeneem. Beide die mans en dames het in drie afsonderlike afdelings deelgeneem. Daar is terselfdertyd ook in die senior-afdelings meegeding. Die volgende groot kompetisie by die Buiteklub is die Willows-toernooi oor die Paasnaweek. Altesaam 140 …

Op Saterdag en Sondag 9 en 10 Maart het 83 lede van die Potchefstroom Buiteklub aan die jaarlikse gholf klubkampioenskappe deelgeneem. Beide die mans en dames het in drie afsonderlike afdelings deelgeneem. Daar is terselfdertyd ook in die senior-afdelings meegeding.
Die volgende groot kompetisie by die Buiteklub is die Willows-toernooi oor die Paasnaweek. Altesaam 140 spelers sal oor vier dae teen mekaar in ‘n parespel formaat speel.
Behalwe vir die klubkampioenskappe is die Willows die groot toernooi van die klub. Die mans klubkampioen is Riaan Swart.
Mans Gross wenners:
A-afdeling – Riaan Swart – 138 houe
B-afdeling – Andre du Plessis – 168 houe
C-afdeling – Chris Binneman – 175 houe
Dames Gross wenners:
A-afdeling en klubkampioen – Jhanelle Strydom – 154 houe
B-afdeling – Cheslyn Jacobs – 156 houe
C-afdeling – Rina van Zijl – 188 houe
Die Nett wenners van die toernooi:
Mans Nett wenners:
A-afdeling – Joshua Edwards – 139 houe
B–afdeling – Jerry Molefi – 143 houe
C-afdeling – Kobus Gerber – 144 houe
Dames A-afdeling – Zelane Wessels – 153 houe
B-afdeling – Martinique Sparks – 152 houe
C-afdeling – Anna-Marie du Plessis – 146 houe



