NewsNews

Gemeenskap moet uitkyk vir verdagte wit Polo

Rowers wat in 'n wit Volkswagen Polo rondry is die afgelope tyd vir verskeie misdade in Potchefstroom verantwoordelik.

Rowers wat in ‘n wit Volkswagen Polo rondry is die afgelope tyd vir verskeie misdade in Potchefstroom verantwoordelik.

Brig. Steven Moodley, stasiebevelvoerder van die Potchefstroom polisie, sê daar was onlangs twee gevalle van gewapende roof waar die verdagtes beide kere in ‘n wit Polo gevlug het.

Gister (20 Maart) om 15:45 het ‘n wit Polo in Malherbestraat stilgehou, ‘n verdagte wat met ‘n mes gewapen was, het uitgespring en iemand van hul skootrekenaar beroof. Die verdagtes het weer in die Polo gevlug.

‘n Soortgelyke rooftog het ook verlede Woensdag (13 Maart) omstreeks 14:30 in Goudstraat plaasgevind. Volgens Moodley het ‘n wit Polo in die straat stilgehou en twee verdagtes het uitgespring. Hulle het ‘n voetganger met ‘n vuurwapen gedreig en sy skootrekenaar gegryp voor hulle weer in die Polo geklim en weggejaag het.

Volgens Moodley het daar in Februarie ook ‘n rooftog plaasgevind waar iemand uit ‘n wit Polo spring, ‘n voetganger met ‘n mes dreig en hom van sy skootrekenaar beroof.

Moodley vra dat die gemeenskap die polisie se oë en ore sal wees en sal uitkyk vir so ‘n verdagte voertuig. Enigiemand wat inligting vir die polisie kan verskaf, moet die Potchefstroom polisiestasie by 018 299 7457 skakel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button