NewsNews

Tipperêriekerk (NG Kerk Mooirivier) vandag 18 Apr 100 jaar oud

Die NG Kerk Mooirivier is vanjaar ‘n eeu oud. Op 18 April 1919 was hul kerkgebou ingewy toe die eerste leraar van die gemeente, ds. George Murray, die eerste diens in die nuwe kerkgebou gelei het.

Die NG Kerk Mooirivier is vanjaar ‘n eeu oud. Op 18 April 1919 was hul kerkgebou ingewy toe die eerste leraar van die gemeente, ds. George Murray, die eerste diens in die nuwe kerkgebou gelei het.

Die ontstaan van dié kerk het ‘n interessante geskiedenis en is onlosmaaklik deel van die politieke gebeure van die tyd. Dit was die eerste kerk wat van die NG Moedergemeente afgestig is omdat gemeentelede nie met ds. ML Fick se politieke sienings saamgestem het nie.

Die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 het ‘n Rebellie, veral onder die Afrikaanse mense, ontketen. Met die gevolge van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) nog vars in almal se geheue, het Rebelle geweier om Brittanje se oproep tot die oorlog te ondersteun. Hulle wou nie saam met Brittanje in Europa gaan veg nie. Waarom moes hulle die vyand (Brittanje) wat tydens die Anglo-Boereoorlog duisende vroue en kinders in Britse konsentrasiekampe laat sterf het en hulle plase afgebrand het in ‘n oorlog bystaan?

Ds. ML Fick van die NG Moedergemeente was ter ondersteuning van die Rebelle.
Dit het baie ontevredenheid by sy gemeentelede ontlok. ‘n Groep lidmate wat die regering ondersteun het, het uitgestap en onder ‘n wilgerboom in die agterplaas van ouderling W.D Pretorius se woning besluit om hul eie gemeente te stig. Na vele onderhandeling met die NG Sinode het die gemeente toe op 5 Februarie 1917 afgestig.

Die Gemeente Mooirivier het gou die bynaam “Tipperêrie kerk” gekry. Dit was afkomstig van die liedjie “It’s a long, long way to Tipperary” wat in 1912 deur Jack Judge van Birmingham en HJ Williams van Warwickshire geskryf is. Toe die Eerste Wêreldoorlog in 1914 uitbreek, was dit reeds ‘n treffer en Britse soldate het dit gesing wanneer hulle na die slagvelde van Europa vertrek het.

Omdat die Mooirivier gemeente die Suid-Afrikaanse regering in sy deelname aan die Britse kant ondersteun het, is dit gevolglik die “Tipperêriekerk” genoem. Die Moedergemeente was die “Rebellêries” en die ander kerke wat buite die geskil gestaan het, was die “Don’t caries”.

Die kerkgebou is sonder die gewone bruidskat afgestig. Hulle het dus nie fondse gehad om die kerkgebou op te rig nie en moes self fondse hiervoor insamel.

NG Kerk Mooirivier (Walter Sisululaan / Kerkstraat 234) is 100 jaar oud

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button