NewsNews

Verskeie kriminele kry jare agter tralies

Verskeie kriminele is onlangs vir hul misdade in die Potchefstroomse streekshof gevonnis.

Verskeie kriminele is onlangs vir hul misdade in die Potchefstroomse streekshof gevonnis.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die verdagtes skuldig bevind aan klagtes van roof met verswarende omstandighede en huisbraak met die doel om te steel.

Beide Daniel Moloi (29) en Tshidiso Busaka (30) is onlangs gevonnis met 15 jaar tronkstraf waarvan tien jaar ‘n opgeskorte vonnis is, met die voorwaarde dat hulle nie weer van ‘n soortgelyke misdaad in die tydperk skuldig bevind sal word nie. Hulle is ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te dra.

Alfred Agwambe (41) is aan huisbraak met die doel om te steel skuldig bevind. Hy is met 25 jaar tronkstraf gevonnis en is ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te dra.

Miques Mboweni is ook vir huisbraak skuldig bevind en is vir tien jaar, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis.

Drie mans is in verband met dieselfde huisbraak-saak, wat op 17 Junie 2017 gepleeg is, skuldig bevind. André Johane Ubisse (38), Isaac Bokwane Mabunda (33) en Alcido Antonio Mazuvuco (29) is elk met 15 jaar tronkstraf gevonnis en is ook ongeskik om vuurwapens te dra.

Manyoba sê die stasiebevelvoerder, brig. Steven Moodley, bedank die ondersoekbeamptes wat gesorg het dat dié kriminele agter tralies beland.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button