SportSport

Valke stuit Luiperds in rateltaai-stryd

Die Luiperds het met 12-7 vasgeval nadat hulle teen halftyd 5-0 agter was.

Dit was ‘n geval van so naby maar tog so vir André Pretorius se Luiperds-troepe die afgelope Saterdag (20 Julie) teen die Valke in ‘n Curriebeker Eerste-divisiestryd op Olënpark.

Die Luiperds het met 12-7 vasgeval nadat hulle teen halftyd 5-0 agter was. Die Valke se regtervleuel, Coert Cronjé, het in die derde minuut van die wedstryd in die hoekie oorgeduik om die besoekers stewig op die voorvoet te plaas. Die res van die eerste helfte was dit ‘n toutrekery tussen hierdie twee spanne wat altwee geleenthede gehad het om punte aan te teken, maar teen stewige verdeding vasgeloop het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die Luiperds het vol vaart uit die kleedkamers vir die tweede helfte gekom en binne die eerste vyf minute is die senter, Khulu Mcuma, oor vir ‘n welverdiende drie onder die pale. Heelagter, Chunier van Rooyen, verdoel en die Luiperds loop 7-5 voor.
Die Valke het wel vir ‘n stok in die wiel gesorg toe flank, Friedle Olvier, na konstante druk, die Valke se tweede en wendrie gaan druk het.

Die Luiperds se gebrek aan ervaring het hulle so bietjie gepootjie, maar daar het geen deursettingsvermoë geskort by Pretorius se span nie. Manne soos kaptein, Edmund Rheeder, slotte, Danny du Plooy en Dylan Pieterse, sowel as die skrumskakel, Bernu Engelbrecht en vleuel, Luyanda Mngadi, het goeie wedstryde gespeel.

Vir die Valke was Shane Kirkwoord op slot ‘n kolos, terwyl die voorry van Njabulo Gumede, Robey Leibrant en Heinrich Roelfse keer op keer sterk in die skrums vertoon het.
Die Luiperds speel komende Saterdag weer tuis op Olënpark, dié keer teen die Grens in wat definitief ‘n moet-wen stryd vir die Noordwesters sal wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button