Die Goue Weste gilde bestaan uit drie groepe kwilters – die Oude Molen Gilde van Potchefstroom, die Country Quilters van Carletonville en die Quilting Bees van Klerksdorp en Stilfontein.
Lede het Saterdag, 7 September hulle kwartaallikse byeenkoms by die museum gehou. Sewe van die oorspronklike agt stigterslede was teenwoordig en het tydens die vergadering van hul heel eerste kwilte gewys en aan die beginjare teruggedink.

Paul Schutte wat dien op die bestuur van SA Quilters Guild, die nasionale kwiltersvereniging, sê dat die gilde graag baie meer jonger mense en mans by die gilde wil betrek.
Twee kwiltwerkswinkels word tydens die kwilters se uitstalling by die museum aangebied. Die eerste werkswinkel van Paul Schutte vind op Donderdag, 12 September van 09:00 – 15:00 plaas en die koste is R350 per persoon. Die tweede geleentheid is van 16 – 18 September van 09:00 – 16:00 en die koste is R380 per persoon.
Die uitstalling duur tot 20 September en besoekure is Maandae – Vrydae van 09:00 – 13:00 & 14:00 – 16:00, Saterdae van 09:00 – 12:30 en Sondae van 14:30 – 17:00.
Vir meer besonderhede, skakel Miems Lamprecht by 018 299 5042.




