NewsNews

Munisipaliteit steeds besig met rioollek in Jeugdstraat

Munisipale werkers is vanmiddag (12 September) steeds besig om 'n rioollek in Jeugdstraat te probeer oplos.

Munisipale werkers is vanmiddag (12 September) steeds besig om ‘n rioollek in Jeugdstraat te probeer oplos.

Riool loop al vir weke lank by ‘n mangat op die hoek van Jeugdstraat en Walter Sisululaan uit.

Die munisipaliteit het, volgens ‘n inwoner, reeds verskeie kere in die tydperk gepoog om die lekkasie stop te sit.

Willie Maphosa, woordvoerder van die JB Marks munisipaliteit, sê munisipale werkers het Maandag reeds verskeie items wat verantwoordelik vir ‘n verstopping is, uit die drein uitgehaal.

Die lekkasie het egter Woensdagoggend weer begin. Munisipale werkers is nou steeds daar om die probleem te probeer oplos.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button