NewsNewsSponsored

Die hoeksteen van langtermyn sukses

Die strukturering van ‘n beleggingsportefeulje om gereelde inkomste te ontvang, behels die versigtige balansering van tradisionele bateklasse soos aandele, eiendomme, effekte en kontant.

Die strukturering van ‘n beleggingsportefeulje om gereelde inkomste te ontvang, behels die versigtige balansering van tradisionele bateklasse soos aandele, eiendomme, effekte en kontant.

Die kombinasie van dié bates word meestal deur die risikoprofiel van die belegger, die verlangde beleggingsopbrengs en die termyn van die belegging bepaal.
Dié ‘multi-bate’-inkomstefondse was die afgelope tyd die wenners van beleggers se aandag en gevolglike beleggings weens relatief stabiele opbrengste te midde van markonsekerheid en verhoogde wisselvalligheid in veral die plaaslike- en internasionale aandelemarkte. ‘n Verdere tendens in die ‘multi-bate’-inkomstefondse is dat beleggers tradisionele inkomste-oplossings gediversifiseer het deur kredietstrategieë in te sluit. ‘n Kredietstrategie se fokus is om in korporatiewe effekte te belê, so ‘n beleggingstrategie verskaf finansiering aan maatskappye om hul besigheidsaktiwiteite aan te pak.
Die insluiting van ‘n kredietstrategie verhoog die diversifikasievoordeel van portefeuljes met die verwagting om ‘n meer stabiele opbrengs met laer wisselvalligheid te lewer. Kredietstrategieë het die afgelope dekade kontant en inflasie uitpresteer en ook die opbrengste wat deur aandele gelewer is uitgedaag. ‘n Moontlike risiko is dat maatskappye insolvent kan raak en beleggers net ‘n deel van hul kapitaal terugkry. ‘n Belangrike oogmerk van kredietportefeuljebestuurders is dus om te verseker dat beleggers genoeg vergoeding ontvang vir die insolvensierisiko wanneer die instrumente aangekoop word. Nog ‘n verdedigingslinie is om die portefeulje plaaslik en internasionaal te diversifiseer met meer as 100 instrumente in die portefeulje. ‘n Kredietstrategie wat langer as ‘n dekade bestuur word, sou moontlik 20 tot 30 korporatiewe insolvensies ervaar het gedurende daardie periode. ‘n Voorbeeld was gedurende die Global Financial Crisis (GFC) in 2009. Ten spyte van die hoër getal insolvensies in dié jaar, het ‘n goed gediversifiseerde kredietstrategie steeds ‘n positiewe opbrengs gelewer omdat blootstelling wyd versprei was en insolvensies ‘n klein deel van die portefeuljes was.
Die opstel van ‘n gepaste inkomsteportefeulje om die verlangde inkomste vir ‘n gegewe vlak van risiko te bied terwyl dit die lewensduur van kapitaal verseker, is die hoeksteen van langtermynsukses. Die insluiting van ‘n kredietstrategie langs tradisionele bateklasse verhoog die diversifikasie van die portefeulje en verbeter die risiko- en opbrengs-uitkomste van ‘n goed gebalanseerde inkomsteportefeulje. Kom luister na onder meer Ryan Jamieson, hoof van verkope by Fairtree batebestuur in KwaZulu-Natal, een van die sprekers van Jenwil se jaarlikse Welvaartkongres, Donderdag 19 September by The Roots. Dit is gratis, maar bespreek u sitplek voor 14 September of rig navrae by potch@jenwil.co.za of Susan by 082 048 6309. Die aand word aangebied te bate van Vessels of Mercy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button