NewsNewsSponsored

Die VF Plus as groeiende alternatief

Die VF Plus betree die tussenverkiesing in Wyk 2, JB Marks, met ‘n volgehoue groei wat verseker het dat die VF Plus nou een van die vyf groot partye in die land is.

Promosie-artikel
Die VF Plus betree die tussenverkiesing in Wyk 2, JB Marks, met ‘n volgehoue groei wat verseker het dat die VF Plus nou een van die vyf groot partye in die land is. Die VF Plus wen wyk 30 in die naburige dorp, Stilfontein en daardeur bevestig dit ook die groei wat die party beleef.
‘n Kwarteeu van ANC-regering – slegs agteruitgang en wanhoop
Suid-Afrika wankel op die rand van ‘n afgrond. Ons natuurbronne en omgewing word vernietig deur ‘n onbevoegde regering met verkeerde prioriteite. Suid-Afrika word ook geteister deur swak dienslewering.
Ons dorpe en stede is vuil.
Daar is min kundige staatsamptenare oor wat die werk kan doen. Daarom is daar ‘n verval in die gesondheidsorg, infrastruktuur, staatsbeheerde entiteite, departemente en munisipaliteite.
Regstellende aksie, kwotas en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) word al hoe strenger toegepas. Rasgebaseerde aanstellings en kwotas bedreig ekonomiese vryheid en reduseer aanstellingskriteria tot slegs ras, waar kundigheid, vermoë en ervaring nie in ag geneem word nie. Die gebruik van velkleur as kriterium vir bemagtiging is ’n veelvuldige onreg.
Die regering se arbeidsbeperkende wetgewing en beleid is verantwoordelik daarvoor dat groot maatskappye eerder hul fabrieke en ondernemings na die buiteland skuif wat tot minder werksgeleenthede in Suid-Afrika lei.
Die ANC soek ‘n sondebok vir alles wat verkeerd is in Suid-Afrika, vir al sy mislukkings en vir die totale verval van die land. Hy gebruik wittes as die sondebok en probeer sy kiesers behou deur wittes en apartheid die skuld vir die krisisse te gee. Rassepolarisasie word vir korttermyn politieke gewin gebruik.
Suid-Afrika verdien beter
Suid-Afrikaners verdien ‘n werklike nuwe Suid-Afrika tot voordeel van al sy mense.
Die VF Plus streef na ‘n politieke bestel waar Christelike waardes geld en gekenmerk word deur die beginsels van geregtigheid, waarheid, naasteliefde, respek vir lewe, lojaliteit en ‘n vreedsame naasbestaan.
Die VF Plus bied daadwerklike oplossings wat hoop bied om ‘n beter toekoms te bou.
Bou eerder as om te herverdeel
Die uitgangspunt van die huidige regering om te poog om armoede te verlig en welvaart te skep deur welvaart te verdeel, sal nooit slaag nie. As gevolg van die gepaardgaande beleidsrigtings vind ekonomiese groei nie plaas nie en neem armoede en werkloosheid toe.
Regstellende aksie, of rasstellende aksie, laat ’n omvattende spoor van ekonomiese vernietiging.
Die VF Plus is die enigste party wat teen die nuwe strenger swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie wetgewing gestem het.
‘n Stem vir ‘n nuwe bedeling
‘n Stem vir die VF Plus is ‘n stem vir ‘n nuwe bedeling van gelyke geleenthede vir almal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button