NewsNews

Vryheidsfront Plus wen tussenverskiesing

Die Vryheidsfront Plus het 662 gekry terwyl die DA 479 en die ANC 381 stemme gekry het.

Die Vryheidsfront Plus het gister (18 September) Wyk 2 tydens ‘n tussenverkiesing gewen.

Dié wyk was voorheen deur die DA beheer.

Volgens Pieter Groenewald, nasionale leier van die VF Plus,  dien die uitslag as bewys dat die VF Plus volgehoue groei in steun geniet.

“Die VF Plus se aantal stemme het sedert 2016 se munisipale verkiesing met 56% gestyg. Die VF Plus-kandidaat, Everhard Laing het die wyk gewen en die partry se groei in Noordwes met 8 Mei se algemene verkiesing voortgesit. As wyksraadslid sal Laing alles in sy vermoë doen om Wyk 2 se inwoners se belange te dien,” het Groenewald gesê.

Volgens Laing is harde werk beloon. “Dit is vir my werklik ‘n eer om die gemeenskap te kan dien. Ek sal my beste en alles gee om hierdie verantwoordelikheid te dra. Ek wil ook elke kieser wat hulle vertroue in my geplaas het, bedank,” het hy gesê.

Die Vryheidsfront Plus het 662 gekry terwyl die DA 479 en die ANC 381 stemme gekry het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button