NewsNews

Potchefstromers sien moontlike meteoriet

Verskeie Potchefstromers glo hulle het gisteraand (19 September) 'n meteoriet gehoor wat die aarde iewers naby aan Potchefstroom getref het. Party mense het dit selfs gesien.

Verskeie Potchefstromers glo hulle het gisteraand (19 September) ‘n meteoriet gehoor wat die aarde iewers naby aan Potchefstroom getref het. Party mense het dit selfs gesien.

Omstreeks 17:30 het verskeie Potchefstromers ‘n harde slag gehoor. Inwoners van Klerksdorp tot so ver as Fochville het oor dieselfde harde geluid op Facebook gevra.

‘n Inwoner van Fochville, Belinda Janse van Rensburg, het op die Weather Today – South Africa Facebook groep gesê dat sy twee aparte vuurballe sien val het en het dit met ‘n verskietende ster vergelyk.

Willie Immelman, wie op ‘n plaas 35km van Potchefstroom in Fochville se rigting woon sê hy het dit ook gesien.

“Ek het gistermiddag half ses se kant buite gestaan toe ek die twee liggies sien val in die rigting van Viljoenskroon,” sê hy. Hy sê hy het twee liggies wat soos sein vuur lyk gesien aarde toe kom. Dit het egter weer verdwyn voor dit die grond kon raak.

“Dit was seker net so drie sekondes toe is dit weer weg. Dit is die eerste keer dat ek so iets deur die dag gesien het,” sê hy.

Karine Wilkens wat op ‘n plaas 100km buite Potchefstroom in die rigting van Hartebeesfontein woon, sê sy het die klank gehoor terwyl sy op die plaas gestap het.

“Dit het geklink of n vliegtuig oorkom en net daarna toe sien ek ‘n blink, helder streep deur die lug kom omtrent 100 meter bo die grond! Soos ‘n ster wat val en uitbrand!”

Daar kon nog nie vasgestel word of dit wel ‘n meteoriet was, en waar dit die aarde getref het nie.

Enigiemand wat meer inligting of foto’s hieroor het, kan Marianke van die Herald by marianke.saayman@media24.com e-pos of ‘n Whatsapp na 082 303 3248 stuur.

Sowat ‘n jaar gelede het daar ook meteoriete in die Noordwes geval. Lees meer hier:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/48714/video-meteoriet-tref-noordwes/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button