NewsNews

NWU student in hospitaal met breinvliesontsteking

Die Noordwes Universiteit (NWU) het vandag (22 Oktober) 'n geval van bakteriële meningitis by hul Potchefstroomkampus bevestig.

Die Noordwes Universiteit (NWU) het vandag (22 Oktober) ‘n geval van bakteriële breinvliesontsteking by hul Potchefstroomkampus bevestig.

Bertie Jacobs, ‘n woordvoerder van die universiteit, het in ‘n verklaring gesê ‘n vierdejaar student is gister in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem en is vanoggend met bakteriële breinvliesontsteking gediagnoseer.

“Die student is nie by ‘n koshuis betrokke nie en dit wil voorkom of dit ‘n geïsoleerde geval is,” sê Jacobs.

Hy sê daar word tans met enige mense wat in kontak met die student was, opgevolg. Profilakse is gratis beskikbaar.

“Ek wil alle studente en personeel aanmoedig om nie paniekerig te raak nie en op die komende eksamens gefokus te bly. Die universiteit neem alle nodige voorsorgmaatreëls om die situasie te hanteer. Ons sal alle studente en personeel spoedig van enige verdere ontwikkeling op hoogte hou,” het Prof Daryl Balia, adjunk-visekanselier van die kampus in Potchefstroom, gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button