NewsNewsUpdate

Hier is ons top 20 matriekrok-meisies

Koop die week se Potchefstroom Herald koerant om vir jou top vyf te stem!

Die Herald het al die stemme getel en die top 20 meisies vir die Matriekrok van die Jaar-kompetisie is (in geen spesifieke volgorde nie):

 

Baie geluk! Julle dring deur na die volgende ronde. Lesers kan nou vir hul top vyf stem.

Die vyf meisies met die meeste stemme sal na die finale ronde deurdring, waar beoordelaars na die inskrywings sal kyk en dan op ’n algehele wenner sal besluit.

Die wenner gaan groot pryse, insluitend ’n kontantprys van FFG Potchefstroom, ’n eetbewys van The Broken Pot, ’n avontuur op die Vaalrivier van Stonehenge en verskeie wonderlike geskenkbewyse van Lingerie Studio en Montana Spur wen.

Al die inskrywings was in verlede week se koerant. Die top 20 kan nou op ons Facebookblad sowel as ons Instagramblad gesien word.

Om vir jou top vyf te stem:

• Koop die week (31 Oktober) se Potchefstroom Herald koerant.
• Knip die stembrief wat op bladsy 6 verskyn uit.
• Vul die nommer van die meisie wat jy in die top 5 wil sien, in die toepaslike blokkie in.
• Bring die stembrief na die Herald se kantoor voor Dinsdag, 5 November om 13:00.
• Slegs oorspronklike stembriewe sal aanvaar word (geen fotostate nie).
• Slegs een nommer mag op ’n stembrief ingevul word.
• Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

• Onthou, hoe meer koerante jy koop, hoe meer kere kan jy stem.
• Koerante is beskikbaar by:
–   Die Herald se kantoor op die hoek van Piet Uys en Govan Mbeki-rylaan
–   By straatverkopers op straathoeke (slegs Donderdag en Vrydag)
–   By meeste kafees en winkels in die stad
• Koerante kos R6,10 elk
Vir meer inligting skakel Marianke Saayman by (018) 293 0750 of marianke.saayman@media24.com

Hier is ons borge:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button