
’n Man is Saterdagaand omstreeks 23:00 in Borcherdstraat binne in ’n motor geslaan, waarna hy langs die pad gelos is.
Christiaan Haefele, woordvoerder van Mooirivier Beskerming, sê dat die voorval op een van die maatskappy se kringtelevisiekameras opgemerk is.
Volgens hom was ’n reaksievoertuig na die toneel, maar die man wat langs die straat gelê het, het reeds by ’n perseel ingegaan voor hulle daar aangekom het.
Wat presies aanleiding tot die bakleiery gegee het, is nie duidelik nie.
Ao. Mpho Manyoba, Potchefstroom polisiewoordvoerder, sê volgens haar kennis is daar geen saak in verband met die voorval by die polisie aangemeld nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



