Die eerste en tweede spanne van Potch Dorp Krieketklub kom hierdie naweek op Witrand teen mekaar te staan in die Noordwes Premier Klubkrieketliga.
In die vorige kragmeting verlede seisoen het Potch Dorp se eerstes gemaklik die tweedes met 9 paaltjies geklop. Hier het die ervaring van Stefan Gericke, Shane Dadswell, JP le Roux et al, die wedstryd vir Dorp deurgetrek.

‘n Soortgelyke scenario behoort homself uit die speel hierdie week wanneer daar sake in dié interklubstryd uitgespook word.
Vir die eerste span sal Tommie le Roux weer met sy kolf naam wil maak. Rohan Kruger, Carlo Erasmus en Ruan von Abo sal ook weer ‘n paar goeie beurte wil speel. Op die boulfront sal JP le Roux, Duncan Stevens en Max Sereo hul stempels wil afdruk.
Vir Potch Dorp 2 kan Tiaan Viljoen en Johan Myburgh vir hul span van goeie nut wees as hul hulle lyn en lengtes regkry. Awie Visser sal ook weer met die kolf wil uitblink, en die keer nadat aan ‘n vyftigtal kom.
Die wedstryd tussen die twee spanne begin om 10:00.




