NewsNews

Skaapdiewe ry boer raak

Die voertuig het deur een van die padblokkades wat opgestel is, gejaag, waar hulle ook n boer raakgery het.

Kameras in die Vredefort Koepel het vandeesweek weer gehelp om twee verdagtes te kon vastrek vir skaapdiefstal.

Nadat inligting vroeër die week gekry is van moontlike skaap en boerbokdiefstalle langs die S80 in die Vredefort-distrik, is boere in die gebied gewaarsku.

Saterdagnag 21 Desember het Juan Greeff agtergekom dat van sy skape op die plaas Mooihoek weg is, en kon daar danksy die kameras ‘n verdagte voertuig geïdentifiseer word waarvan die besonderhede aan die GPF patrollie-span deurgegee is.

Die voertuig het deur een van die padblokkades wat opgestel is, gejaag, waar hulle ook n boer raakgery het. Die verdagtes is agterna gesit en het die jaagtog by die polisiestasie in Parys geeindig waar die mans gearresteer is.

Negentien van Greeff se skape is vasgemaak onder die seil van die bakkie waarmee die verdagtes gery het, gekry. Die skape was getatoeër.

Vredefort Koepel GPF sê dankie aan al die betrokke SAPD eenhede, Vredefort Koepel GPF se patrollie-span, donateurs vir die beriggewers, en Koepel Boere wat die kamerastelsel moontlik gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button