NewsNews

Die geheim agter uitsonderlike prestasie – twee toppresteerders se wenke

Die Engelse spreekwoord “Great minds think alike” is beslis waar wanneer dit kom by die twee skrander leerlinge van Ferdinand Postma Hoërskool wat onderskeidelik akademies eerste en tweede plek in die Kwantiel 4 Skool kategorie van die Noordwes-Provinsie behaal het.

Die Engelse spreekwoord “Great minds think alike” is beslis waar wanneer dit kom by die twee skrander leerlinge van Ferdinand Postma Hoërskool wat onderskeidelik akademies eerste en tweede plek in die Kwantiel 4 Skool kategorie van die Noordwes-Provinsie behaal het.

Pieter Terre’Blanche en Marco de Beer word ook akademies onderskeidelik tweede en derde plek in die provinsie gelys. Hulle gemiddelde verskil so min soos die dikte van ‘n deurgeskaafde kiem se tongvel – Pieter het 91,2% en Marco 91% behaal.

Ek wou by hulle hoor wat die geheim agter hulle uitsonderlike prestasies is. Hoewel ek verskillende antwoorde van hulle verwag het, omdat hulle afsonderlik met my gesels het, is dit verstommend hoe hulle dieselfde reëls gevolg het.

Dit is interessant dat Marco eers in graad 11 ‘n doelwit vir homself gestel het om deel van die top tien akademiese leerlinge in sy graad te wees. Voorheen het dié prestasie vir hom nie veel saak gemaak nie. Met harde werk en wilskrag het hy aan die einde van graad 11 akademies derde posisie beklee. Hy is beslis die bewys dat dit nooit te laat is om ‘n kopskuif te maak nie. Pieter, daarenteen, was sy hele skoolloopbaan altyd deel van die top vyf leerlinge wat akademies die beste presteer het.

Hoewel die twee jong manne se akademiese ingesteldheid van die begin van hulle skoolloopbane nie presies dieselfde was nie, is dit duidelik dat hulle dieselfde beginsels toegepas het.

Albei is dit eens dat ‘n mens gebalanseerd moet wees ten opsigte van jou akademiese ingesteldheid. “Om net op akademie te fokus, is nie die antwoord nie. Dit help nie jy leer so hard en is op die ou end alleen en het geen vriende by wie jy emosionele ondersteuning kan kry nie”, sê Marco. Hy dink ook fisiese oefening is baie belangrik vir ‘n goeie balans en het gereeld in die gimnasium geoefen om van sy stres ontslae te raak en sy “kop oop” te kry.

Pieter het self ook aan atletiek deelgeneem en graag geswem. Sy ouers het ‘n plaas naby Parys waar hy naweke graag energie uit die natuur put. Hy hou ook baie daarvan om te stap.

Goeie tydbestuur is ook vir albei van kardinale belang. Hulle is dit eens dat jy van dag een af hard moet werk, jou take betyds moet aanpak en nie op die laaste nippertjie moet wag om te begin leer nie. Pieter stel verder voor dat jy al die ekstra klasse moet bywoon wat by die skool aangebied word. Hy sê verder dit is belangrik om vas te byt en positief te bly.

Dié twee slimkoppe het net weer bevestig wat ons almal reeds weet: sukses kom net met goeie balans, deursettingsvermoë en harde werk. En toevallig het hulle die “Great minds think alike” idioom ook ‘n stappie verder gevat want Pieter en Marco is vanjaar albei by die Noordwes Universiteit ingeskryf en studeer toevallig dieselfde rigting – rekenaar en elektroniese ingenieurswese.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button