SportSport

Volkies se krieketster kan sy kop omhoog hou na uitstaande Khaya Majola-week

“Ek gaan aanhou krieket speel. Ek sien myself as iemand wat nog baie het om by ander oor krieket te leer,”

Vir enige krieketliefhebber en kenner is dit tog vanselfsprekend dat die voorste lopiemaker van Noordwes, Van Zyl Smit, in die onlangse o.19 Khaya Majola Krieketweek sy plek in die Lions Cubs-span haal.
Al het Volkies se voormalige eerstespan krieketkaptein en 2019 hoofseun, 221 lopies (die meeste van enige speler in die Lions-groep wat Noordwes en Gauteng insluit) gemoker, kon hy nie ‘n plek in die span vind nie. Net die keurders sal weet wat hy nog na ’n hemelse krieketjaar moes doen.
Smit het ‘n uitstaande 2019 op die krieketveld beleef en al was hy uiters teleurgesteld om nie die span te haal nie, is hy nou vanjaar slaggereed om sy merk op die krieketveld as klubspeler te maak.

“Ja, ek was baie teleurgesteld. Ek het gevoel ek het genoeg gedoen om in die Lions Cubs span te kom, veral omdat die o.19 Wêreldbekerspelers nie in ag geneem is vir hierdie span nie,” noem hy.

“Ek gaan aanhou krieket speel. Ek sien myself as iemand wat nog baie het om by ander oor krieket te leer,” noem hierdie veelsydige regterhandse openingskolwer en wegdraaibouler. Van Zyl het by die o.19 Khaya Majola Krieketweek vanaf 16-20 Desember, ‘n paar uitstekende kolfbeurte gespeel met 95 as sy hoogste telling teen Grens.

Van Zyl Smit het ‘n hoogste telling van 95 op die 2019 Khaya Majola Week behaal.

“Die hoogtepunt van die week was op dag twee toe ons in die laaste beurt van die dag vir Grens uitgeboul het om ‘n wen op die eerste beurt te kry.

As span het ons regtig baie goed gespeel en groot spanne soos Boland en KZN binneland gewen,” voer Van Zyl verder by.

Smit het alreeds ervaring in klubkrieket verlede jaar gekry toe hy vir Potch Dorp se tweede span uitgedraf het.

Hy het ook veral op skoolgebied uitgeblink met oor die 1000 lopies in die jaar wat ‘n briljante 150 in die Noordwesfinaal teen Hoërskool Rustenburg insluit. Wat ook merkwaardig van sy Volkies krieketloopbaan is, is dat hy vanaf graad 8, elke jaar in verskeie spanne die NW-titel verower het.

“My hoogtepunte op skool was al 12 keer wat ons vir Gimmies op die krieketveld verwoes het. Persoonlik was my beste herinnering die 150 wat ek in die NW-finaal van 2019 geslaan het,” noem Van Zyl, wie ook ‘n briljante tennisspeler vir sy skool was.

Nou lê daar ‘n nuwe blink hoofstuk vir Van Zyl voor waar hy met sy studies en kriekettalente verder na sukses sal streef.
“My planne vir 2020 is om Bcom Rek by die Puk te swot. My doelwit is om betrokke te wees by die NWU en my jaar goed deur te kom.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button