Van al die hoërskole in die Kenneth Kaunda distrik het Ferdinand Postma se matrieks die meeste onderskeidings behaal. Die skool het ‘n sertifikaat van die Noordwes Onderwysdepartement ontvang wat hulle tweede in die Noordwes Provinsie lys.
Volgens die adjunkhoof, Annette Stander, is die skool se bestuur en onderwysers besonder trots op dié prestasie. Sy skryf dit toe aan die onderwysers wat die ekstra myl loop om hul matrieks by te staan – daar word baie ekstra klasse aangebied en ‘n intervensieprogram is ook ingestel om vroegtydig aandag aan kinders te gee wat probleme, van watter aard ook al, ondervind.
Die skool se kleiner klasse beteken ook dat leerlinge meer individuele aandag ontvang.
Die leuse van die onderwysers in die skool is – “Om te onderrig, is om ‘n lewe vir ewig aan te raak.”
Die skool wat die meeste onderskeidings in die Noordwes Provinsie behaal het, is die Al-Huda Muslim School met 1,38% meer onderskeidings as Ferdies.
* Die Herald wil graag aandui dat hierdie berig ‘n regstelling is. Verkeerde inligting wat aanvanklik aan die Herald gekommunikeer is, het aangedui dat Ferdies eerste in die Noordwes Provinsie is.



