NewsNews

VIDEO: Vandaliste op Bult vasgetrek

"Ons gemeenskap moet saamstaan; sulke vandalistiese, sorglose lewensbedreigende gedrag moet nie geduld word nie," was die streng woord van Prof. Fika Janse van Rensburg, HUB van die Cachetpark CID. 

“Ons gemeenskap moet saamstaan; sulke vandalistiese, sorglose lewensbedreigende gedrag moet nie geduld word nie,” was die streng woord van Prof. Fika Janse van Rensburg, HUB van die Cachetpark CID.

Dit nadat twee studente Donderdagoggend, 16 Januarie, om 03:40 die stopteken op die hoek van Hoffman- en Meyerstraat probeer verwyder het.

Volgens Janse van Rensburg, is die twee mans op die Bult se kringtelevisiekameras gewaar.

“Die twee skuldiges is na afloop van ʼn deeglike ondersoek deur Mooirivier Beskerming met die samewerking van ʼn paar rolspelers, geïdentifiseer. Die skuldiges is ingeroep en voor twee opsies geplaas,” verduidelik hy.

Volgens Janse van Resnburg was die twee keuses aan die studente;
1.Hulle word krimineel aangekla en daarmee saam geskors van die NWU.
2.Die videogreep word op sosiale media gedeel, hulle vervang die stopstraat en word dissiplinêr deur die NWU verhoor.

“Hulle het ingestem vir opsie twee. Die betrokke huisouer en dr Corrie Rheeder, Direkteur Studentedienste meen dat hierdie gedrag hoegenaamd nie geduld sal word nie. Koshuise word gevra om saam te werk om hierdie tipe ernstige oortreding van die wet te voorkom,” het Janse van Rensburg gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button