Local newsNews

Potchefstromers benodig befondsing vir spesiale Zambië krieketontwikkelingsprojek

Vanaf 6-14 Maart gaan Reach Out International die nasionale o.14 krieketspan van Zambië na Suid-Afrika bring waar hulle in Potchefstroom sal bly en lewens en krieketvaardighede sal leer.

Om diensbaar te kan wees is een van die grootste en belangrike  take is ons samelewing vandag. Met hierdie in gedagte wil ‘n groep Potchefstromers die lewe  van Zambiese kinders met krieketafrigting verryk. Vir dit het hulle fondse nodig om hulle doel te bereik.

Vanaf 6-14 Maart gaan Reach Out International die nasionale o.14 krieketspan van Zambië na Suid-Afrika bring waar hulle in Potchefstroom sal bly en lewens en krieketvaardighede sal leer.

Die doel is om die span tot op senior vlak te ontwikkel sodat 7-8 spelers in 2024 die o.19 nasionale krieketspan kan haal. In 2011 is die eerste Zambiese span na SA gebring, met vier van hierdie spelers wat nasionale senior krieket gaan speel het. Dit is maar net een van die talle suksesverhale.

Die span benodig ‘n totaal van R 28 000 wat die verblykoste, kos, wedstrydklere (kriekethemde), sporttoerusting (ou kolwe en krieketballe) vir 10 dae vir al die kinders insluit.

Die organiseerder, Rudi Ackerman, vra die gemeeskap vir skenkings sodat hulle, hul doel kan bereik om ‘n verskil in dié jong Zambiese krieketspelers se lewens kan maak.

Skenkings kan na die volgende rekening gestuur word:

Rekeningnaam: At His Feet

Capitec

Reknommer: 1517331135

Vir meer inligting kontak Rudi Ackerman by 082 438 9592

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button