Junior Mathe (32 van 50 balle) was Gimmies se beste kolwer op die dag voor hy uitgeboul is.
Dit was ‘n moeilke dag vir Gimmies se eerste krieketspan wat met sewe paaltjies teen die verdedigende nasionale kampioene, St. Stithians, in die Lions-finaal van Skole T20-kompetisie gestruikel het.
Hierdie wedstryd het gister (Woensdag, 26 Februarie) op Senwespark plaasgevind. Gimmies kon net 80/9 in hulle 20 boulbeurte maak na ‘n kolfineenstorting wat hulle op 16/5 gelos het.
Gimmies kan trots weer op hulle vordering tot in die finaal na hulle spanne in Noordwes uitgestof het. Gauteng se St Stithians was net ‘n vlak beter op die dag en het nooit die druk laat gaan nie.
Lees meer in vandag se uitgawe van Potchefstroom Herald (27 Februarie)
Foto’s: Wouter Pienaar
Junior Mathe (32 van 50 balle) was Gimmies se beste kolwer op die dag voor hy uitgeboul is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.