CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Bekentenisse uitgegooi in moordverhoor op vyfjarige

Regter André Petersen het die bekentenisse wat die vermeende moordernaar, Daniel Minta, die dag toe hy in hegtenis geneem is gister (Donderdag, 5 Maart) in die rondgaande hof verwerp.

Regter André Petersen het die bekentenisse wat die vermeende moordernaar, Daniel Minta, die dag toe hy in hegtenis geneem is gister (Donderdag, 5 Maart) in die rondgaande hof verwerp. Daniel staan tereg op moord van die vyfjarige seuntjie, Lovemore Ncube, wie se lykie in die basis van Daniel se bed op 3 Oktober 2018 by die Indiërsentrum in Potchefstroom ontdek is. Hy is ontvoer, verkrag en het versmoor nadat die stopsel van ‘n kussing in sy keel afgedruk is.

Lovemore Ncube (5) is op 3 Oktober 2018 ontvoer, verkrag en het versmoor toe stopsels van ‘n kussing in sy keel afgedruk is.

Die bekentenis wat Daniel die dag met sy inhegtenisname gemaak het, sou verdoemende getuienis wees om die vermeende moordenaar vas te trek.

Kol JC Scholtz, hoof van die Ikageng speurtak en ao. Bonita Dry, die ondersoekbeampte, het vroeër die week getuig hulle het Minta se regte aan hom voorgelees. Hulle het ook getuig dat hy nie ‘n prokureur of regshulp wou hê nie en eers later in die hof een sal kry.

Volgens Petersen het die feit dat hulle nie dadelik regshulp vir hom gekry het nie, daarop neergekom dat sy wense geïnoreer is. “Ons lewe nie meer in ‘n polisiestaat nie, maar in ‘n grondwetlike staat. Die polisie moes dadelik vir Minta regsverteenwoordiging gereël het”, het hy gesê.

Die bekentenisse van Minta wat uitgegooi is, is die tweede terugslag vir die staat. Petersen het vroeër die week toe gelaat dat DNS-bewyse wat op die lyk van Lovemore gevind is, as bewyse in die hof mag dien ten spyte daarvan dat die staat in die binneverhoor aangedui het hulle sal dit nie gebruik nie. Toe die staat egter sê dat die DNS-verslae nie dadelik beskikbaar is nie, het Petersen gesê hy gaan nie die hofsaak verder uitstel nie, omdat hulle genoeg tyd gehad het om alles bymekaar te kry.

Die verhoor duur vandag voort met Minta wat sal getuig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button