NewsNews

Noordwes se Covid-19 gevalle styg met twee

Altesaam is daar nou elf bevestigde gevalle in die Noordwes provinsie.

Klerksdorp se eerste Covid-19 geval is die naweek bevestig terwyl die tweede geval in Hartebeespoort/Brits voorgekom het.

Die pasiënt van Klerksdorp is die tweede geval in die Dr. Kenneth Kaunda distrik.

Die eerste geval was in Potchefstroom aangemeld, maar die Franse atleet wat positief vir die virus getoets het, het op 24 Maart weer teruggevlieg Frankryk toe. Volgens die woordvoerder van die Departement van Gesondheid, Tebogo Lekgethwane, is die atleet nog die enigste bevestigde geval van Potchefstroom.

Altesaam is daar nou elf bevestigde gevalle in die Noordwes provinsie – Bloemhof (1), Mahikeng (1), Potchefstroom (1), Klerksdorp (1), Rustenburg (5) en Hartebeespoort/Brits (2).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button