NewsNews

Volkie onderwysers maak landwyd naam

Twee onderwysers van die Hoër Volkskool Potchefstroom, Morné Smit en Ansie Postma, is aangewys om matrieks landwyd deur middel van interaktiewe aanlynklasse te help.

Twee onderwysers van die Hoër Volkskool Potchefstroom, Morné Smit en Ansie Postma, is aangewys om matrieks landwyd deur middel van interaktiewe aanlynklasse te help.

Met die landwye grendelstatus as gevolg van Covid -19, het Netwerk 24 hierdie twee onderwysers, sowel as ander top onderwysers landwyd, genader. ‘n Aanlyn platform is geskep vir matrikulante om hul met hul belangrike akademiese jaar by te staan.

Die inisiatief, genaamd Raakvat-onnies, sal aan Afrikaanssprekende matrikulante aanlyn klasse bied.

Elke onderwyser wys dan drie leerlinge aan wat aan interaktiewe klasse deelneem.

Mnr. Smit, Volkies se Akademiese Adjunkhoof, is aangewys om die wiskundeklasse aan te bied. Geert Stoop, Melissa de Villiers en Lawrence Erasmus is drie Volkie leerders wat aan die klas deelneem.

Morne Smit, Volkies se akademiese hoof

“Netwerk 24 het vorms uitgestuur, maar ek het eers later daarvan gehoor. Ek is toe genomineer en moes ‘n kort video maak waar ek terme en so in wiskunde verduidelik. Ek is toe ‘n week later gekies om deel van die inisiatief te wees. Dit is lekker om ‘n verskil op ‘n nasionale platform te maak,” vertel Smit.

Na afloop van die eerste reeks opnames en uitsendings, het Smit  na groot aanvraag, die tweede reeks ook behartig.

Raakvat-onnies is goed deur maktriekleerders sowel as onderwysers ontvang. Na aanleiding van die eerste reeks se sukses, het daar ‘n vraag na klasse in meer vakke ontstaan.

Volkies se Wiskunde Departement het weer die eer te beurt geval, toe nog een van hul onderwyseresse – Ansie Postma, aangewys is om die wiskundegeletterheid klasse aan te bied.

Saam met haar te siene is leerders Rensia Dednam, Dehan Prinsloo en Devine Rohlandt.

Ansie Postma

“Die projek het toe uitgebrei en die skakelbeampte by Netwerk24 het gevra of ons mense kan nomineer wat wiskundegeletterdheid kan aanbied. Ek is bly dat hulle vir Ansie Postma gekies het, omdat sy regtig wonderlik in haar vakgebied is en ‘n hart vir kinders het,” beaam Smit.

Hierdie interaktiewe lesse word vooraf opgeneem en aan alle matriekulante gratis op Youtube beskikbaar gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button