NewsNews

Aardklop nog ‘n slagoffer van pandemie

Aardklop gaan nie vanjaar voort soos beplan nie. 

Aardklop gaan nie vanjaar voort soos beplan nie.

Volgens Delmari van Zyl, Aardklop woordvoerder, het die bestuur moeilike besluite gehad om te neem.

“Onsekerhede oor of en wanneer massabyeenkomste en grootskaalse interprovinisiale reis weer toegelaat sal word, is van die aspekte wat die bestuur in gedagte moes hou,” verduidelik sy.

Volgens haar is feite soos die skoolvakansie van September-Oktober wat verkort is, borge se bemarkingsbegrotings wat gesny is en feesgangers se besteebare inkomste wat weens die pandemie verminder is in ag geneem.

 

“Kunstenaars, tegnici, stalletjiehouers, tydelike werkers en talle ander rolspelers verdien om so gou moontlik te weet of Aardklop soos normaal sal voortgaan, sodat hulle kan beplan. Ons gaan intussen voort om losstaande projekte/ produksies te ondersoek. Hierdie projekte sal onafhanklik van Aardklop se voorlopige program befonds, onderhandel en aangebied word,” verduidelik Van Zyl.

Volgens haar word daar na verskeie platforms gekyk om moontlik hierdie losstaande projekte te loots.

“Die projekte sal nie aan Aardklop se tradisionele tydsgleuf en plek gekoppel word nie. Nuwe vennote en venues sal indien haalbaar gevind word.  Hierdie projekte het ten doel om Aardklop as platform aktief te laat funksioneer en om inkomste vir kunstenaars, tegnici en diensverskaffers te genereer,” het Van Zyl gesê.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button