CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Twee personeellede van Mediclinic COVID-19 positief

Twee personeellede van Mediclinic Potchefstroom het onlangs positief vir COVID-19 getoets en is tans in selfisolasie by hulle huise.

Twee personeellede van Mediclinic Potchefstroom het onlangs positief vir COVID-19 getoets en is tans in selfisolasie by hulle huise. Mediclinic bevestig in ‘n verklaring dat die personeel nie pasiënte versorg het of in enige kontak met pasiënte was nie.

As ‘n ekstra voorkomingsmaatreël word geen pasiënte tans toegelaat om enige besoekers te ontvang nie.

Volgens ‘n verklaring van Mediclinic is nog net een COVID-19 pasiënt opgeneem vir behandeling. Dié pasiënt is Vrydag, 16 Mei ontslaan.

Die getal COVID-19 gevalle neem nou skerp toe. Sondag was die getal COVID-19 gevalle in Noordwes nog 94 en teen Maandag het die getal tot 109 gestyg. Volgens Noordwes Gesondheid word die getal infeksies in J.B Marks as 14 aangedui, terwyl Matlosana nou 24 is – nege meer gevalle as Sondag.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button