NewsNews

20 Covid-19 gevalle in J.B. Marks

Die getal COVID-19 gevalle wat gister (Woensdag, 3 Junie) in die Noordwes aangeteken is, is 314 - ‘n toename van 44 gevalle sedert die vorige dag.

Die getal COVID-19 gevalle wat gister (Woensdag, 3 Junie) in die Noordwes aangeteken is, is 314. Daar is ‘n toename van 44 gevalle sedert die vorige dag. Twee nuwe gevalle is in J.B Marks aangeteken wat die totale gevalle in dié munisipaliteit nou op 20 te staan bring.

Die Bojanala-distrik (Rustenburg) het steeds die hoogste aantal gevalle met 186 positiewe pasiënte en dr. Kenneth Kaunda (Potchefstroom, Ventersdorp en Klerksdorp, Orkney, Stilfontein) is tweede met 99 gevalle. Ngaka Modiri Molema staan op 19 gevalle en Dr. Ruth Segomotsi Mompati het 5 gevalle.

Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van gesondheid in die Noordwes, sê die toename van COVID-19 gevalle by myne is ‘n bekommernis en dat meer gedoen moet word om die verspreiding van die virus na die myngemeenskappe te keer.

Madoda Sambatha, die hoof uitvoerende beampte van gesondheid in die Noordwes provinsie, het mynhuise besoek om vas te stel of hulle aan die nodige regulasies voldoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button