NewsNews

Verkeershoof en adjunk van J.B Marks op verpligte verlof

Die verkeershoof van die J.B Marks munisipaliteit, Malcolm Grimbeek, en sy adjunk, Johnny Nikson, is vanaf 20 Mei op verpligte verlof geplaas weens insidente wat met verkeersoortredings en die inperkregulasies verband hou.

Die verkeershoof van die J.B Marks munisipaliteit, Malcolm Grimbeek, en sy adjunk, Johnny Nikson, is vanaf 20 Mei op verpligte verlof geplaas weens insidente wat met verkeersoortredings en die inperkregulasies verband hou.

Die woordvoerder van J.B Marks, William Maphosa, wou nie oor die beweerde insidente van Grimbeek en Nikson uitwei nie, omdat die insidente tans ondersoek word en hulle ‘n regverdige regsproses gegun word. “Alle ander informasie sal op die gepaste tyd bekend gemaak word”, het Maphosa gesê en bevestig dat Grimbeek en Nikson steeds hulle volle salarisse ontvang soos die arbeidswetgewing met verpligte verlof vereis.

Betroubare bronne het egter aan Netwerk24 onthul dat die rede vir hulle verlof met die beweerde onregmatige beslaglegging op minibustaxi’s en vragmotors verband hou. Verkeerspbeamptes het na bewering, in opdrag van Grimbeek en Nikson, onregmatig beslag gelê op voertuie wanneer insittendes nie die inperkregulasies nagekom het nie.

Netwerk24 het verder na een van die insidente verwys en berig dat daar op ‘n boer se vragmotor beslag gelê is omdat hy te veel werkers vervoer het.

Die adjunk-hoofbestuurder van Agri Noordwes, Naudé Pienaar, het aan Netwerk24 bevestig dat hy die betrokke boer se saak behartig en dat hy regshulp ingeroep het wat bevestig het die verkeersafdeling het onregmatig opgetree in die beslaglegging. Nadat die verkeersafdeling daarop gewys is, is die vragmotor aan die boer teruggegee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button