Voertuigregistrasie en -lisensie-afdelings in Potchefstroom weer oop
Voertuigregistrasies en -lisensies kan van vandag af (12 Junie) weer by die verkeersafdeling in Potchefstroom gedoen word. Lees hier aan watter veiligheidsmaatreëls kliënte moet voldoen.
Voertuigregistrasies en -lisensies kan van vandag af (12 Junie) weer by die verkeersafdeling in Potchefstroom gedoen word. Dié dienste word van 08:00 – 13:00 gelewer en slegs 50 kliënte sal per dag toegelaat word.
Voertuigpadwaardigheidstoetse word al van Maandag, 1 Junie weer gedoen. Slegs 20 voertuie se toetse word vanaf 08:00 – 15:00 per dag gedoen.
Die leerling- en bestuurderlisensie-afdelings van verkeer is nog nie oop vir die publiek nie. Daar word egter beplan om op Woensdag, 17 Junie ‘n aankondiging te maak wanneer dié dienste weer gelewer sal word.
Op Ventersdorp is al bogenoemde verkeersafdelings steeds vir die publiek gesluit. Daar sal ook op 17 Junie ‘n aankondiging gemaak word wanneer dienste by hul plaaslike verkeersafdelings sal hervat.
Die woordvoerder van J.B Marks. William Maphosa, herinner die publiek om aan die nodige COVID-19-veiligheidsmaatreëls te voldoen. Daar word van alle kliënte verwag om gesigmaskers te dra, hulle eie penne saam te bring en ‘n veilige sosiale afstand te volg.




