
Twee dekades gelede het die destydse Potchefstroom Stadsraad in samewerking met die Potchefstroom Herald ‘n jaarlikse Sportman en Sportvrou van die Jaar toekenningsfunksie aangebied.
In die uitgawe van 3 Maart 2000 is daar op die agterblad berig dat die spiesgooier, Marius Corbett, vir die derde agtereenvolgende jaar as die sportman van die jaar aangewys is na sy puik vertonings in die Afrika-Spele waar hy ‘n goue medalje gekry het. Die naaswenners in die Sportman van die Jaar kategorie was Jaco van der Merwe (gholf) en Johan Vosloo (spiesgooi)
Die Sportvrou van die Jaar was die netbal doelwagter, Imke van Wyk. Die naaswenners was Elsje Jordaan (netbal) en Carina van Zijl (hokkie).





