CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Twee lyke op een dag by polisie gerapporteer

Twee lyke is op Vrydag, 10 Julie by die polisie gerapporteer - die van 'n 29 jarige man langs die Promosapad en 'n hawelose man (32) by Kynoch.

‘n Verbyganger het Vrydag, 10 Julie op die lyk van ‘n man in ‘n stroompie tussen die riete langs die Promosa-pad afgekom en dit dadelik aan die polisie gerapporteer.

Volgens kapt. Aafje Botma was dit die liggaam van Lebogang Donald Huna (29). In ‘n ander voorval dieselfde dag, is ‘n lyk naby Kynoch gevind.

Volgens kapt. Botma was dit vermoedelik die liggaam van ‘n hawelose man wat al voorheen op die perseel opgemerk is. Die polisie het die man nog nie geïdentifiseer nie en skat sy ouderdom as 32 jaar.

Geregtelike doodsondersoeke sal deur die polisie gedoen word. Kapt. Botma het egter bevestig dat daar voorlopig geen vuilspel vir enige van die oorledenes se dood vermoed word nie.

Die stroom langs die Promosapad waar die lyk van Lebogang Donald Huna (29) gekry is. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button