NewsNews

Projek Paws gaan groot om nood te verlig

Maak gerus ‘n merk op jou kalender om deel van hierdie projek te word en dit te kan ondersteun.

Projek Paws gaan Woensdag, 26 Augustus hulle bes doen om te verseker dat die honde en katte by Paws die nodige hupstoot het om ‘n gemakliker en beter lewe te lei.
In dié stadium van die gesprek het Paws al die hulp wat hulle kan kry om kop bo water te hou en enige hulp sal beslis waardeer word. Maak gerus ‘n merk op jou kalender om deel van hierdie projek te word en dit te kan ondersteun. Onder die leiding van die bekende vermaaklikheidster en aktrise, Lizz Meiring en die plaaslike Potchefstroomse skrywer en digter, Jak J Brits, gaan hulle hul bes doen om met ‘n verskeidenheid projekte Paws se nood te verlig.


Die groot dag wanneer die meeste projekte gaan plaasvind is Woensdag, 26 Augustus. Besighede soos Engel en Volkers, Gifts & All, Tjhoko Paint, B-You Photography, sowel as die media (Netwerk 24 en die Potchefstroom Herald) is by Projek Paws betrokke.


• Een so ‘n projek is wanneer Gifts & All tussen 11:00 en 14:00 by die Rooi Windpomp Sentrum (Retiefstraat 61), Lizz Meiring produkte en kinderboeke ten bate van Projek Paws sal verkoop. Dit is ook ‘n geleentheid om vir Lizz te kan ontmoet en meer oor die projek en haar betrokkenheid uit te vind.
• Op dieselfde tyd en plek sal Tjhoko Paints ook hulle produk met ‘n werkswinkel ten toon stel. Dit is die gulde geleentheid om ‘n paar tegnieke en meer oor verf te leer.
• B-You Photography sal ook teen slegs R 400 per fotosessie jou dier en jouself (gesin) afneem, wat 10 professionele foto’s insluit. R200 van elke sessie sal dan ook aan Paws geskenk word. Belangstellendes moet ‘n 30 minute sessie tussen 11:00 en 14:00 bespreek.
Vir meer inligting rondom al hierdie projekte en om betrokke te kan raak, kan Jak by 072 905 1356 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button