Local newsNews
Rowers bind mans vas tydens huisroof
Polisie is na die toneel ontbied wat die saak verder sal ondersoek.

Vier verdagtes waarvan minstens een gewapend was, het vandag (12 Augustus) twee mans by ‘n huis in Calderbanklaan vasgebind en beroof.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle ongeveer 14:00 ‘n panieksein ontvang. Reaksie is na die woning ontbied. Die rowers het reeds gevlug.
Volgens Haefele blyk dit of die verdagtes deur oop deure toegang tot die erf en huis verkry het. Die rowers is met verskeie items weg.
Polisie is na die toneel ontbied wat die saak verder sal ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



