Wenners van jeugroman aangewys
Die Herald het onlangs 'n kompetisie geloods in samewerking met NB Uitgewers en die skrywer Constant van Graan wie se boek, Jungu Josh: Die Goue Kalbas, onlangs vrygestel is. Twee gelukkige wenners is aangewys.
Die Herald het onlangs ‘n kompetisie geloods in samewerking met NB Uitgewers en die skrywer Constant van Graan wie se boek, Jungu Josh: Die Goue Kalbas, onlangs vrygestel is. Twee gelukkige wenners – Belinda Fourie en Marietjie Nelson – is die week aangewys.
Dit is heel toevallig, maar ook heel gepas dat dié twee afgetrede vrouens tydens Vrouemaand die jeugroman gewen het. Hulle lees steeds jeugverhale en beplan om hulle boeke vir jong lesers aan te gee wanneer hulle daarmee klaar is.
Belinda was wel beskikbaar om die boek van die skrywer self in ontvangs te neem. Sy vertel dat sy die boek eerste vir haar kleinkind, Christiaan Steyn (10), ‘n leerling van Laerskool Mooirivier, gaan gee wanneer sy dit klaar gelees het.
Die foto van Belinda en Constant is by Bargain Books geneem waar die boek te koop aangebied word.




