Potchefstromers, julle die gulde geleentheid om ‘n groot verskil in Paws se diere se lewens te maak. Die Potchefstroom Herald tesame met die bekende vermaaklikheidskunstenaar Lizz Meiring bied ‘n aanlyn veiling ten bate van Projek Paws aan waar die publiek privaat hulle bod vir twee gesogte items kan maak. Die eerste item is ‘n unieke volstruisleer handsak geskenk deur Modern & Tribal Collective. Dit is ‘n trots Suid –Afrikaanse produk. Dit is ‘n egte volstruisleer handsak met sakkies binne ook vir ekstra luuksheid. Dis nie net lewenslank jou handsak nie – dis ‘n waardevolle erfstuk.

Wenk: Begin jou bod by R5000 , die reserweprys is ‘n ent hoër. Die tweede item is ‘n fantastiese L’Avenir Provence Pinotage 2015 versamelwyn. Geskenk deur L’Avenir Wynmakery. Dit is ‘n 1.5 liter wyn.


Wenk: Begin jou bod op R400, die reserweprys is ‘n ent hoër. Die reels is as volg:
- Enige bod moet privaat per e-pos na Wouter.Pienaar@media24.com gestuur word.
- Enige bod wat op Facebook in die kommentaar afdeling verskyn word outomaties gediskwalifiseer.
- Die veiling het op Saterdag, 22 Augustus om 17:00 geopen en eindig Maandag 28 September om 17:00.




