CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Mnr. en Mej. Ferdies tydens glansgeleentheid aangewys

Dylyn Bullock en Sithembiso Majola is onlangs as Mnr. en Mej. Ferdies aangewys. Lees hier watter ander toekennings ook gemaak is.

Dylyn Bullock en Sithembiso Majola is onlangs as Mnr. en Mej. Ferdies aangewys.

Dié spoggerige geleentheid was ‘n genotvolle aand wat deur Wika Bezuidenhout met die hulp van Mariette Geldenhuys en Nirdé Brits, aangebied is. Dit het groot waardering uitgelok.

Die eerste prinses was Casmeere Williams en die eerste prins Nqobile Mvala. Mizelle Terre’Blanche en Marnus Meintjies is onderskeidelik as tweede prinses en prins aangewys.

Die ander talent wat aangewys is, was Liza van Rooy en Lionel Moss as Mej. en Mnr. Fotogenies en Thato Matome en Max Leckel as Mej. en Mnr. Persoonlikheid. Erik Bergh en Sophie Leckel is as die beste fotogeniese paartjie aangewys en Didintle Sefularo en Casmeere Williams was die beste algehele paartjie.

Die deelnemers aan die Mnr. en Mej. Ferdies-kompetisie. Foto’s: Sarieta van Wyk

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button