Daar is gister, 11 Mei, hulde gebring op sosiale media van regoor die plaaslike musiekgemeenskap met die nuus van die bekende musiekfotograaf, Henry Engelbrecht (54) se sterfte.
Engelbrecht was bekend in plaaslike rockmusiek-kringe as ‘n uitstekende fotograaf wat die passie en emosie van vertonings met sy lens vasgevang het. Engelbrecht was ook ‘n oud-Hoër Volkskool Potchefstroom leerder wat in 1985 gematrikuleer het. Sy ma, Anna, was ook ‘n wiskunde-onderwyseres by Volkies.

Engelbrecht, wie in die Centurion gewoon het, het fotografie oor naweke sedert 2012 as ‘n ekstra inkomste en passie aangepak.
Hier is van Engelbrecht se foto’s:
Talle musikante het hulde aan Engelbrecht gebring as ‘n fantastiese fotograaf wat hulle vertonings vasgevang het, sowel as dat hy ‘n wonderlike mens was:
Francois van Coke
“Dude, kan nie glo jy is nie meer met ons nie. Jou passie was ongelooflik. Jy was ongelooflik goed vir my. Jy gaan baie gemis word. Ongelooflik baie. Heavy. Ek het so baie memories wat jy vasgevang het. Dankie vir alles my vriend.”
Deon Meiring
“Henry Engelbrecht se vrygewigheid, sy manier om my altyd te laat veilig voel en sy briljante talent en deernis met foto’s sal my altyd bybly. Ek gaan hom mis.”
Herman Kleinhans
“RIV Henry Engelbrecht. Dankie vir al die mooi wat jy vasgevang het.”
Chris van der Walt
“Al ons metal, motogp, en bass chats. Jou foto’s was ongelooflik, en jou kuns lewe aan in al die musikante wat al voor jou lens gedans het. Nie net ‘n besonderse talentvolle mens nie, maar een van die niceste mense in die wêreld.







