CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Drie skole sluit tydelik weens Covid

Dit is duidelik dat Potchefstroom nou midde in die derde vlaag van die Covid-19-pandemie is nadat Gimmies, Girls High en Promosa Primêr Woensdag, 26 Mei gesluit het om teen Covid-19 te saniteer.

Dit is duidelik dat Potchefstroom nou midde in die derde vlaag van die Covid-19-pandemie is nadat Gimmies, Girls High en Promosa Primêr Woensdag, 26 Mei gesluit het om teen Covid-19 te saniteer.

Volgens ‘n omsendbrief wat Gimmies uitgestuur het, het enkele leerlinge en onderwysers positief vir die virus getoets. “Na deeglike oorlegpleging met die Onderwysdepartement en ander gesaghebbendes, is besluit om die skool deeglik te saniteer en alle persoonlike kontak vir vier dae te vermy”, het die hoof, mnr Roelof Oosthuizen, gesê.

Die hoof van Girls High, mev. Gwen Duganzich, het ook in ‘n omsendbrief genoem dat hulle vir ‘n periode van 24 uur sal sluit nadat ‘n leerling positief vir die virus getoets het. In hierdie tydperk word die skool ook gesaniteer. Graad-9 en -12 leerlinge het Donderdag, 27 Mei weer teruggegaan skool maar die graad-11 leerlinge moet by die huis bly en vir die res van die week afstandsonderrig ontvang.

By Promosa Primêr was dit Woensdag chaos by die skool toe ouers leerlinge vroegoggend by die hekke teruggestuur het huis toe. ‘n Lid van die publiek wat graag anoniem wil bly het gesê die ouers het so opgetree omdat hulle bekommerd was dat leerlinge die virus kan opdoen nadat vyf onderwysers al vanaf 17 Mei positief vir die virus getoets het. Die sanitasieproses het vandag by die skool begin.

Duganzich en Oosthuizen het hulle leerlinge gemaan om sosiale byeenkomste soos partytjies, vertonings en kuierplekke te vermy aangesien dit superverspreiders van die virus is.  

‘n Wernemer van die gesondheidsdepartement wat besig is om Promosa Primêr te saniteer. Foto: Verskaf

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button