CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Rampbestuursentrum twee jaar na beplande datum nog nie klaar

Potchefstromers was opgewonde oor die planne vir ‘n wêreldklas rampbestuursentrum wat die J.B. Marks munisipaliteit in 2018 bekendgestel het. Volgens ‘n berig in die Herald  (Mei 2018) sou die gebou die munisipaliteit ‘n formidabele R18 miljoen uit die sak jaag en sou die gebou teen einde 2019 in werking wees. Ons sou die eerste munisipaliteit in die provinsie wees wat so ‘n sentrum besit.

Potchefstromers was opgewonde oor die planne vir ‘n wêreldklas rampbestuursentrum wat die J.B. Marks munisipaliteit in 2018 bekendgestel het. Volgens ‘n berig in die Herald  (Mei 2018) sou die gebou die munisipaliteit ‘n formidabele R18 miljoen uit die sak jaag en sou die gebou teen einde 2019 in werking wees. Ons sou die eerste munisipaliteit in die provinsie wees wat so ‘n sentrum besit.

‘n Lid van die burgemeesterskomitee, Leon Mkhabela, het destyds gesê die munisipaliteit moet meer voorbereid wees om rampe in die toekoms beter te bestuur.

Die Rampbestuursentrum staan na twee jaar steeds onklaar. Foto: Venessa van der Westhuizen

Thabo Khupari, die hoof van die rampbestuursentrum, het gesê die fondse vir dié sentrum is verkry uit die munisipale infrastruktuurtoelae. Volgens hom is die rampe in die J.B. Marks munisipale area windstorms, brande, sinkgate, kitsvloede en dolomiet.

In 2018 het niemand voorsien dat ons later wel ‘n Covid-19 ramp tegemoet sou gaan nie, maar die tweede ramp is nou dat die sentrum nog nie voltooi is nie en dat die bouprojek tot ‘n halt gekom het. ‘n Gebou wat twee jaar gelede voltooi moes wees, staan nou toegegroei onder lang kakiebosse.

Volgens die munisipaliteit het die bouprojek nie gestop nie, maar het dit tydelik tot stilstand gekom nadat die boukontrakteurs die trekpas gekry het. William Maphosa, die woordvoerder van die munisipaliteit, sê die kontrak met die twee maatskappye is in Februarie 2019 gestop omdat hulle nie by die beplande tydraamwerk kon bly nie. Die projek kon daarna nie voortgaan nie, omdat die president ‘n maand daarna die ramptoestand aangekondig het. “Daar word beplan dat die bouprojek weer in Mei vanjaar sal voortgaan,” het Maphosa gesê.  

Die Rampbestuursentrum is langs die brandweerstasie en oorkant die lisensiekantore in die industriële area gebou. Foto: Venessa van der Westhuizen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button