NewsNews

R400 000 se dwelms van die straat af

Die polisie het Maandag in die sentrale besigheidskern op sowat R400 000 se vermoedelik onwettige dwelms beslag gelê.

Die polisie het Maandag in die sentrale besigheidskern op sowat R400 000 se vermoedelik onwettige dwelms beslag gelê.
Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, was lede van misdaadsvoorkoming met roetine patrollies op die N12 besig.
“Die beamptes is oor ‘n verdagte voertuig ingelig. Dit het glo geblyk of die insittende nie verby die polisievoertuie wou ry nie,” het Myburgh gesê.
Die polisie het die betrokke voertuig opgespoor en afgetrek. Met verdere ondersoek is die dwelms in die voertuig se kattebak gevind.
“Die dwelms is vermoedelik ‘Crystal Meth’ met ‘n straatwaarde van sowat R400 000. Die 29-jarige verdagte is in hegtenis geneem. Cornelius Nkululeko Xenxe (29) het Dinsdag op ‘n klag van die besit van vermoedelik onwettige middele in die landdroshof in Potchefstroom verskyn.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button