
‘n Groep van drie mans het glo gisteraand (09 Junie) omstreeks 20:42 ‘n vrou in Wallisstraat met ‘n panga gedreig en beroof.
Sy is van haar sleutels en selfoon beroof.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die groep verdagtes met die vrou se sleutels toegang tot haar woonstel verkry.
“Daar het hulle ook ‘n man met die pangas gedreig waarna hulle hom van verskeie elektroniese toestelle beroof het. Die slagoffer het sy panieknoppie gedruk. Ons het reaksie na die toneel ontbied. Ons het ook die polisie in kennis gestel van die voorval,” het Haefele gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



