Fotokompetisie vir fotograwe en modelle
As jy ‘n trotse Potchefstromer is en lief is om foto’s te neem, is dit nou die tyd om jou kamera en selfoon nader te trek en aan ‘n opwindende fotokompetisie deel te neem. Die tema van die kompetisie is The face of Potchefstroom 2021.
As jy ‘n trotse Potchefstromer is en lief is om foto’s te neem, is dit nou die tyd om jou kamera en selfoon nader te trek en aan ‘n opwindende fotokompetisie deel te neem.
Die tema van die kompetisie is The face of Potchefstroom 2021 en word deur JannyDjan Models en die Potchefstroomse Museum aangebied. Banna Ba Kae en Trots Potch is ook medewerkers.
Professionele en amateurfotograwe en modelle het twee afdelings om voor in te skryf – die fotogeniese- en fotografiese-afdeling. In die fotogeniese-afdeling word treffende foto’s van een persoon verlang. Die persoon op die foto word beoordeel en staan ‘n kans om ‘n prys te wen. Kategorieë waarvoor ingeskryf kan word, is baba (0-24 maande), peuter (2-4 jaar), kleuter (5-8 jaar), pre-tiener (9-12 jaar), tiener (13-17 jaar), volwassenes (18-29 jaar) en persone wat 30 jaar en ouer is.
In die fotografiese-afdeling ding die fotograwe mee en word die kwaliteit van hulle foto’s beoordeel. Die foto’s wat ingeskryf word, moet die eiesoortige karakter van Potchefstroom, sy mense en omgewing uitbeeld. Dit sluit foto’s van Potchefstroom se argitektuur, natuur, kultuurbedrywighede en mense in. Kategorieë in die fotografiese-afdeling is argitektuur, natuur, mense en diere.

Die inskrywingsgeld beloop R100 vir die eerste foto en daarna R50 vir addisionele foto’s. Die inskrywingsvorm vir die kompetisie kan aanlyn op die Facebookblad: Face of Potchefstroom verkry word.
Alle inskrywings wat elektronies ontvang word, sal deur die organiseerders na A3-grootte vergroot en van 5 tot 23 Julie in die Potchefstroomse Museum uitgestal word.
Die sluitingsdatum van die fotokompetisie is Woensdag, 30 Junie. Die wenners word Saterdag, 24 Julie tydens ‘n geselligheid by die museum aangewys. Besoekers sal in ruil vir ‘n blikkie kos, die geleentheid kry om vir die wenfoto van hul keuse te stem.
Al die ingesamelde blikkieskos sal aan ‘n verdienstelike organisasie geskenk word. Vir enige navrae, skakel gerus vir Angela Robinson of Janet Potgieter by 060 540 2009 of stuur ‘n e-pos na office@jannydjan.com.





