NewsNews

Vrou beseer na botsing in Thabo Mbeki rylaan

'n Jong vrou is hospitaal toe geneem nadat die voertuig waarin sy 'n insittende was met 'n boom gebots het. 

‘n Jong vrou is hospitaal toe geneem nadat die voertuig waarin sy ‘n insittende was teen ‘n boom gebots het. Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle die ongeluk op die kringtelevisie beeldmateriaal gesien, waarna reaksie en mediese hulp na die toneel ontbied is.

Dit blyk dat die bestuurder  omstreeks 22:00, Donderdagaand (17 Junie) beheer van die voertuig verloor het waarna dit  ‘n boom getref en omgekeer het. ER24 het aan die voertuig gesny om haar uit te kry waarna sy na Mediclinic Potchefstroom vir verdere behandeling geneem is.

Volgens Diana King, woordvoerder van Mediclinic Potchefstroom, is die 18-jarige vrou tans in ‘n stabiele toestand. Sy word vir ‘n heup besering behandel. 

 

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar die polisie was ook op die toneel om verdere ondersoek in te stel.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button