
https://youtu.be/u6R0SWDboSQ
‘n Kleuter en vier volwassenes is gisteraand (22 Junie) omstreeks 23:00 na ‘n botsing by die sirkel naby Tarentaalstraat na Potchefstroom Hospitaal geneem.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle die ongeluk op die kringtelevisie beeldmateriaal gesien, waarna reaksie en mediese hulp na die toneel ontbied is.
Die voertuig het teen ‘n muur gebots. Paramedici het die insittendes op die toneel vir ligte beserings behandel waarna hulle na Potchefstroom hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die polisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel. 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



