CommunityNewsNewsPhoto Galleries
Vlak-4 inperkmaatreëls in ‘n neutedop
Die nuwe inperkmaatreëls wat van vandag (28 Junie) tot 11 Julie geld word kortliks hier opgesom.
President Cyril Ramaphosa het gister (Sondag, 27 Junie) nuwe inperkmaatreëls ingestel wat vanaf Maandag, 28 Junie in werking moet wees. Die nuwe maatreëls geld voorlopig tot 11 Julie en behels:
- Alle alkoholverkope word verbied. Hierdie reël word toegpas om die druk op hospitale te verminder.
- ‘n Nuwe aandklokreël is van 21:00 – 4:00 van krag.
- Alle byeenkomste, behalwe begrafnisse word verbied.
- Restaurante en ander eetplekke mag slegs wegneemetes bedien.
- Begrafnisse mag plaasvind, maar word tot 50 mense beperk.
- Byeenkomste soos nagwake en byeenkomste ná begrafnisse word verbied.
- Nuwe reëlings by die werkplek sluit in:
- Jy mag steeds werk toe gaan mits jy nie van die huis af kan werk nie.
- Alle winkels mag oop wees.
- Fabrieke, myne, plase en ander besighede mag in werking wees.
- Jy mag vrylik rondbeweeg in jou provinsie, maar moet steeds die aandklonkreëls nakom.
- Skole sluit vroeër.
Alle publieke skole sluit Woensdag en alle privaatskole moet teen Vrydag gesluit wees. - Reise na en van Gauteng word beperk:
Jy mag slegs in en uit Gauteng beweeg vir werksdoeleindes, wanneer goedere vervoer word, jy ‘n begrafnis bywoon of wanneer jy wil terugkeer huis toe.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



